Hart-missie na Senegal: 18 jong pasiënte met WPW-sindroom gehelp

Gesondheid: Woensdag 11 April
‘n Kaapstadse hartspesialis het pas van ‘n humanitêre missie na Dakar, Senegal, teruggekeer, waar hy 18 jong pasiënte met lewensgevaarlike aangebore hartritme-stoornisse behandel het en ‘n nuwe kans op lewe gegee het. Die dokter, Dr Razeen Gopal van die Kaapstad AF Sentrum wat in Mediclinic Panorama geleë is, is vergesel van ‘n kliniese tegnoloog, Ryan Leon van dieselfde sentrum.

Hulle kon eers nadat hulle ‘n dag lank die verouderde toerusting in ‘n baie basies-toegeruste teater herstel het, met die prosedures begin. Hy vertel van die omstandighede waaronder hy in dié Wes-Afrikaland gewerk het, en oor die hartritme-defek, bekend as Wolf-Parkinson-White Sindroom, waaraan die jongmense gely het.

By die hospitaal in Dakar, Senegal

“Die missie was ‘n ‘eye-opener’. Suid-Afrikaners het baie om voor dankbaar te wees.” – Ryan Leon, kliniese tegnoloog in elektrofisiologie, wat Dr Razeen Gopal na Dakar vergesel het.

Die missie was groot nuus in Senegal. Hier is Dr. Razeen Gopal (heel regs) by prof. Adama Kane (middel) in die klein teater.
Die teater is klein, en die kliniese tegnoloog, Ryan Leon (naaste aan die kamera) van die Kaapstad AF Sentrum, moes sommer in ‘n hoekie in die teater agter ‘n rekenaar inskuif. Daar was net een rekenaar met een skerm en die dokters en tegnoloë moes so oor mekaar se skouers loer om te sien of die ablasie-kateters op die regte plekke in die hart is, en presies waar die foutiewe senuvesels in die hart is.

Hier is ‘n video wat deur die Franssprekende televisiekanaal in Dakar vervaardig is:

Die herstelkamer waar pasiënte net ná die prosedure van die narkose bygebring word, het bloot ‘n bed en geen ander toerusting nie.
Die hospitaal, waar die teater se toerusting ouer as tien jaar is, lyk soos ‘n ouerige huis.
Om die draai van die hospitaal.

Klik hier vir meer foto’s en inligting.

Wat is Wolf-Parkinson-White Sindoom?

Hier is inligting met die vriendelike vergunning van Dr. Gopal en die Kaapstad AF Sentrum.

 

Klik hier om die boekie oor hartritme-defekte waaruit bogenoemde inligting kom, af te laai.

Meer inligting oor Atriale fibrillasie
Hier is meer inligting oor ‘n program oor atriale fibrillasie (ook bekend as AF of A-fib), die algemeenste hartritme-defek onder mense ouer as 60 jaar, met sketse, video en klankgreep.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: