Endometriose: as jy elke jaar laparoskopieë nodig het, word jy verkeerd behandel

Het jy geweet chirurgie om endometriose-weefsel te verwyder is van die moeilikste wat daar is? Besef jy dat as jy meer as drie operasies vir endometriose ondergaan het, jy verkeerd behandel word? En dat jy beslis net deur ‘n ginekoloog wat spesiale endoskopiese opleiding het, behandel moet word?
Luister na Gesondheid op RSG om 11:30.
Marí Hudson gesels met een van Suid-Afrika se voorste endoskopiese endometriose-chirurge, Prof Igno Siebert van die Aevitas kliniek in Pinelands, Kaapstad, vir antwoorde op hierdie vrae.
Interessante feite

Endometriose in die eierstokke so ‘n tameletjie.

Endometriose kan pynlik wees, die blaas, nierpype,dermkanaal en eierstokke infiltreer, jou gesondheid benadeel en vrugbaarheid belemmer.
Dit behoort in een enkele operasie verwyder te word. As jy ‘n tweede endometriose operasie moet ondergaan, moet jy beslis by een van die land se handvol endometriose-spesialiste uitkom sodat al die foutiewe weefsel op een slag verwyder kan word. Geen derde en vierde operasies nie!

Vir inligting hoe om vas te stel watter ginekoloë is opgelei om die ingewikkelde endometrioses operasies te doen, gaan na www.sasreg.co.za en stuur ‘n epos navraag. Of rig die navraag aan info@aevitas.co.za of bel prof. Siebert by 021 531-6999.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: