Dagga as medisyne: hoe, wie, watter siektes?

In Praat saam kyk Marí Hudson na die gebruik van dagga as medikasie. Dr Eileen Thomas beantwoord luisteraars se vrae en gee meer duidelikheid oor dagga as medikasie.

Luister ook

Die kollig is al meer op die gebruik van dagga as medisyne. Daar word betoog om dagga in Suid-Afrika te wettig of te dekriminaliseer. Maar hoe werk dagga in die liggaam? Het jy geweet daar is meer as 100 kannaboïede (chemiese stowwe) in dagga en dat elkeen ‘n ander werking het? Dat sommige van die kannaboïede meer op reseptore in jou brein werk en dat ander meer op organe in die liggaam werk?

Kan medisinale dagga dalk help teen pyn, naarheid en die verligting van ander simptome? En waar pas dit in kanker-behandeling in, indien wel?

Marí Hudson gesels in Gesondheid op RSG met psigiater dr. Eileen Thomas van die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool oor medisinale kannaboiede, en die studie wat by die Universiteit gedoen gaan word.

Luister ook: Wat behels die wettiging van dagga en is Suid-Afrika se gesondheidsdienste gerat?

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: