Dokter, ek het bekkenpyn!

Het jy geweet dat sommige histerektomies onnodig gedoen word, of dat baie vroue jare lank verkeerdelik met antibiotika behandel word vir urienweg-infeksies terwyl hulle eintlik aan pynlike blaas-sindroom ly? Het jy geweet dat jou blaas goeie bakterieë bevat wat die binnelagie beskerm en sonder dié mikrobioom kan sake pynlik skeefloop?

Marí Hudson gesels met dr. Pieter kruger, uro-ginekoloog, in Kanada, oor die oorsake van chroniese pelviese (bekken) pyn, blaaslek, pynlike blaas-sindroom en die jongste behandelings vir blaasprobleme.

 

Luister ook

Baie (ouer) vroue se blaas lek bloot as hulle hoes of nies. Ander kan eenvoudig nie knyp nie. Baie vroue is te skaam om hulp te soek. Marí Hudson gesels met ‘n nuwe soort spesialis wat spesifiek na dié probleme omsien. Sy bring ook nuus oor ‘n nuwe doeltreffende sterilasiemetode vir vroue wat binne 5 minute en sonder narkose gedoen kan word.

 

Daar is altyd nog iets wat gedoen kan word as ‘n eerste operasie vir ‘n lek-blaas of prolaps by vroue later nie meer werk nie. Twee spesialiste op dié gebied beantwoord luisteraarsvrae oor blaas- en ander probleme by vroue, en vertel ook van nuwe behandelingsmetodes.

Deur Marí Hudson

© Marí Hudson

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: