Só werk die nuwe diabetes-middels

Nuwe middels om Tipe 2 diabetes te behandel, is van die einde van November en vroeg in 2018 in Suid-Afrika beskikbaar. Dokters is opgewonde oor die nuwe middels, wat jou bloedglukosevlakke verlaag deurdat dit op die niere werk. Die nuwe middels kan die risiko vir hartaanvalle, een van die grootste en lewensgevaarlike komplikasies van diabetes, verminder.

Maar hoe kan ‘n middel wat op die niere werk, enigsins ‘n invloed hê op die glukosevlakke in jou bloed, wat hoofsaaklike deur pankreas-hormone (insulien en glukagon) beheer word? Marí Hudson gesels met dr. Marius Wasserfall, internis by Mediclinic Panorama, en hy verduidelik hoe die vurk in die hef steek.

 

Meer inligting

Dié video verduidelik hoe die nuwe medikasie, bekend as Natrium-glukose gesamentlike transporteerder blokkeeerder(SGLT2-blokker werk. Die aktiewe blokker molekule is gliflozin en die twee middels wat in Suid-Afrika beskikbaar sal wees is Forxiga en Jardiance. Dié middels is al 5 jaar lank in Amerika, Brittanje en Europa beskikbaar, maar Suid-Afrika se Beheerraad oor Gesondheidsprodukte het ongelukkig 5 jaar geneem om dit goed te keur.

 

Dié program is die tweede in die reeks van 2 oor die jongste inligting oor tipe 2 diabetes.

In die eerste in ‘n kort reeks van 2 programme oor Tipe 2 Diabetes, het aanbieder Marí Hudson met dr. Marius Wasserfall, internis by die Panorama Mediclinic, gefokus op die komplikasies, en op die behandeling wat tans beskikbaar is.

Tipe 2 Diabetes kan Tipe 2 Diabetes kan jou oë en niere aantas, maar die effek van tipe 2 diabetes as oorsaak van hartaanvalle en beroerte is jare lank onderskat.

Kyk na dié  insiggewende video oor hoe diabetes werk.

Kyk ook na dié video:

Luister hier na vorige gesprekke oor diabetes op RSG:

Woensdag 21 September 2016: Nadat ‘n nuwe insulienkombinasie as behandeling vir diabetes onlangs in Suid-Afrika bekend gestel is, fokus ons op die behandeling van tipe 1 en tipe 2 diabetes.
Woensdag 16 Maart 2016: Die vet om jou middellyf en om jou organe is die gevaarlikste vet in jou lyf. Dit skei toksiese stowwe af, en ‘n hoëvet-dieet kan die selle in die pankreas so vinnig beskadig dat jy binne ses weke tot in volle tipe 2 diabetes ingeskok word. Maar wat kan aan dié gevaarlike vet gedoen word? Marí Hudson gesels met prof. Tess van der Merwe, ‘n endokrinoloog en kenner van vetmetabolisme, oor die oplossings.
Woensdag 28 Oktober 2015: Kan Tipe 2 diabetes bestuur word sonder insulien? Is dit nodig om bloedglukosevlakke daagliks te toets? Is daar ‘n alternatief vir Metformin? Mari Hudson vertel van ‘n rewolusionêre nuwe anti-diabetesmiddel wat onlangs bekendgestel is by die internasionale diabetes-kongres in Swede.
Woensdag 19 Augustus 2015: Waar pas die nuwe antidiabetes middels in en hoe werk dit? Is daar nog nuwe middels oppad? As jy ‘n diabeet is, behoort jy daagliks jou glukosevlakke te toets?
Woensdag 12 Augustus 2015: Het jy geweet dat die meeste mense met Tipe 2 diabetes se diabetes eers gediagnoseer word nadat hulle suikermetabolisme al sowat 10 jaar lank defektief is, en dat skade in dié tydperk aan jou bloedvate, hart, niere, oë en senuvesels aangerig word? As jou middellyfomtrek groter as 88 cm is vir vroue en 93 cm vir mans, moet jy beslis luister.
Woensdag 15 Oktober 2014: Het jy geweet dat as jy insulienweerstandig is, jy 99% op die pad is van Tipe 2 Diabetes en nie net halfpad nie; dat insulien jou aptyt stimuleer, en dat as jy te veel dierevette inneem, dit die laaste strooi kan wees wat jou tot in tipe 2 Diabetes kan stoot? Prof. Tess van der Merwe, kenner van metabolisme en oorgewig, vat prof. Tim Noakes se stellings aan oor insulienweerstandigheid, waarom mens vet word, en die eet van baie dierevette.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: