Outisme: ‘n Neuro-spesialis verduidelik

Luister na die onderstaande gesprekke wat in Gesondheid op RSG verskyn het oor outisme:

Die rolprent, Raaiselkind, plaas outisme weer in die kollig. Een uit elke 100 kinders word daarmee gebore. Die breinbane van kinders met outisme ontwikkel anders as ander mense s’n. In sommige gevalle ontwikkel ‘n kind se brein aanvanklik normaal tot op sowat 18 maande, en dan loop verdere breinontwikkeling skeef. Marí Hudson praat met ‘n kinderpsigiater en outisme-kenner oor dié breinontwikkelingsprobleem.

Het jy geweet dat outisme aan die toeneem is? Of dat ouer pa’s ‘n groter kans het om ‘n outistiese kind te hê? Dat inentings NIE outisme veroorsaak nie? Dat behandeling ‘n kind wel kan help? Maar dat sommige behandelings wat in Suid-Afrika beskikbaar is, onder dié tel wat bewys is dat dit foefiebehandeling is. En dat swaarmetaal-chelasie-terapie ‘n kind kan doodmaak?

Het jy geweet meer as een uit elke 100 kinders ly aan een of ander vorm van outisme? Of dat breinbane van kinders met outisme anders ontwikkel as ander mense s’n? Of dat die kind reeds voor driejarige ouderdom die eerste simptome toon? Of dat, in die geval van ‘n spesifieke vorm van outisme, ‘n kind normaal kan ontwikkel tot op sowat 18 maande, en verdere breinontwikkeling dan skeefloop?

Agter elke siekte of simptoom, is daar mense. Ons praat weer met Professor Petrus de Vries oor outisme en ontmoet Franciska en haar seun Mark. Ek vind uit hoe simptome gestalte kry in regte mense, want die menslike deel kom altyd eerste.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: