Die verskillende vorms van demensie

Het jy geweet mens kry meer as een vorm van demensie, waarvan Alzheimer se siekte sowat 50% uitmaak. Daar is ook vaskulêre demensie, Lewy liggaam demensie en nog verskeie ander vorms.
Demensie tas nie net die geheue aan nie, maar ook spraak en taalgebruik, redenasievermoë en besluitneming.
In Gesondheid op RSG het Marí Hudson met dr. Renata Schoeman, ‘n psigiater van SASOP, gesels oor die verskillende vorms van demensie, en elkeen se oorsake, simptome, diagnosering en behandeling.

Die soorte demensie sluit in:

  • Alzheimer se siekte (50 – 60% van gevalle van demensie; veroorsaak deur Tau proteien neerleggings in die brein)
  • Vaskulêre demensie (dit kan klein onbewuste beroertes insluit; voorheen genoem verkalkte are)
  • Demensie met Lewy liggaampies – dit is spesifieke proteiene wat in die brein neergelê word en dan senuwee-impuls oordrag kortwiek
  • Gemengde demensie
  • Parkinson se siekte kan in gevalle later tot demensie lei
  • Frontotemporal demensie
  • Creutzfeldt-Jakob se siekte – dit is demensie weens ‘n prion wat malkoeisiekte veroorsaak.
  • Demensie weens waterhoof

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: