Hondsdolheid IS vreesaanjaend

Die virus wat hondsdolheid in dier en mens veroorsaak.

Hondsdolheid kan in enige soogdier voorkom, van meerkatte tot selfs wildsbokke. Dit hou veral vir die mens ‘n bedreiging in as dit in honde voorkom. As die hondsdolheid-virus eers die mens se brein bereik, is dit 100% noodlottig, maar is met vroeë en korrekte behandeling in die mens volkome geneesbaar. Inenting van diere is noodsaaklik en lewensreddend.

Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die uitdagings van hondsdolheid, en beantwoord algemene vrae van luisteraars.

Luister ook:

Gesondheid: Woensdag 4 Oktober 2017

Die hondsdolheid-virus kan oorgedra word as ‘n hondsdol dier jou byt of selfs net lek, en beweeg met die senuweeselle langs tot in die brein. Dit kan behandel word voordat die virus die brein bereik, maar nie daarna nie. Marí Hudson gesels met ‘n spesialis oor hondsdolheid. en oor longontsteking, wat ook dodelik kan wees.

Gesondheid: Woensdag 15 Junie 2016

Het jy geweet genetiese toetse kan nou op embrios gedoen word sodat die gesonde embrio in die ma teruggeplaas word sodat sy verseker weet dat haar baba gesond gaan wees en nie ‘n ernstige genetiese siekte wat in die familie voorkom, onder lede gaan hê nie. Ons gesels ook oor hondsdolheid, wat sonder behandeling 100% dodelik is, en met vroeë en korrekte behandeling 100% geneesbaar.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: