TB in kinders kan goed behandel word

Die TB mukobakterie wat TB veroorsaak

Tuberkulose in kinders is ’n ander storie as tuberkulose in grootmense.

Interessant genoeg is die bakterie-lading in die kind laer, wat hom steeds baie gou baie siek maak omdat sy immuunstelsel nog nie goed ontwikkel is, maar dié feit gee dokters die kans om die siekte meer effektief te behandel as in grootmense, mits die behandeling vroeg begin en volgehou word.

Prof Anneke Hesseling

In die tweede aflewering in die kort reeks oor TB in kinders, gesels Marí Hudson vandag met Prof Anneke Hesseling van die Desmond Tutu Sentrum vir Tuberkulose Navorsing by die departement van Pediatrie by die US se mediese skool, oor die behandeling en voorkoming van TB en ook oor die effektiwiteit van die BCG inenting.

In die eerste aflewering in die reeks het sy gesels oor die simptome van die TB, die verloop van die siekte, hoe maklik dit aangesteek word en hoe dit gediagnoseer word.

Tuberkulose by kinders is anders as by grootmense: dit kan skielik en hard toeslaan, en die kind vinnig baie siek maak. As dit na die brein gaan, kan dit breinskade of dood veroorsaak. Dis moeiliker om te diagnoseer by kinders juis omdat die simptome vaag is, maar dan ook vinnig en ernstig kan toeslaan. Enige kind met ‘n ouer of oppasser met gediagnoseerde of ongediagnoseerde TB, is in gevaar om TB aan te steek.

Maar andersyds is die bakteriële lading van die Tuberkulose basille laag; dit maak die kind steeds baie siek, maar dit gee dit silwer randjie as dit by die behandeling van TB in kinders kom.

Marí Hudson praat met een van Suid-Afrika se voorste tuberkulose-kinderspesialiste, Prof Anneke Hesseling van die Desmond Tutu Sentrum vir Tuberkulose Navorsing by die departement van Pediatrie by die US se mediese skool, oor die simptome en diagnosering van TB in kinders.

https://www.rsgplus.org/gesondheid/hoe-lyk-tb-in-kinders/

 

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: