COVID-19 siekte kom in 3 fases

Woensdag 15 April 2020

Hoe presies werk die SARS-Coronavirus-2 wat COVID-19 veroorsaak? Val dit jou rooibloedselle aan en lei dit tot ‘n suurstoftekort soos wat sommiges beweer? Kan malaria- en artritismiddels help? Wat van die TB-vaksien? Wat het ons die afgelope tyd geleer oor die siekte, die verspreiding en wat om te verwag? Marí Hudson gesels met ’n mediese spesialis midde-in die geveg teen COVID-19 oor wat feite en wat fiksie is.

Lees en luister ook:

Woensdag 8 April 2020

Inperking weens COVID-19 is nou byna twee weke van krag in Suid-Afrika. Wat het ons die afgelope tyd geleer oor die siekte, die verspreiding en wat om te verwag? Marí Hudson gesels met dr. Angelique Coetzee, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, oor die jongste nuus oor die siekte en die situasie in die land.

Woensdag 25 Maart 2020

Kan die verloop van die Covid-19 epidemie in Suid-Afrika voorspel word? Wat kan ons verwag? Wat staan dokters en pasiënte te doen? Mari Hudson praat hieroor met dr. Angelique Coetzee, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging.

Woensdag 18 Maart 2020

Wat presies weet ons nou van die nuwe coronavirus bekend as SARS-CoV-2? En van die siekte COVID-19? Muteer die virus? Hoe lank oorleef dit buite die liggaam? Kan enigiets buiten handewas en maskers vir nabye kontak help? Wat staan my te doen as ek sekere simptome ervaar? Marí Hudson gesels met ’n infeksie-spesialis oor die mediese aspekte van die virus en COVID-19.

Woensdag 29 Januarie 2020

Wat is die coronavirus wat mense in die Ooste op hol het? Hoe dodelik is dit? Hoe het dit ontstaan? Is ons in Suid-Afrika in gevaar? Marí Hudson praat met ’n spesialis oor dié virus, asook ook klebsiêlla en dié winter se griep.

 

https://www.rsgplus.org/leefstyl/gesondheid/covid-19-hoe-die-virus-werk/

https://www.rsgplus.org/nuus-sport/corona-covid-19-jongste-nuus/

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: