Covid-19 is steeds besig om ons daaglikse gang en lewe te oorheers. Ons moet onthou dat meer as 90% van mense met Covid-19 asimptomaties is of net ligte of matige simptome het. Die siektebeeld is nie heeltemal dieselfde by alle pasiënte nie en ook nie by alle pasiënte wat sieker word nie, en dis juis die onvoorspelbaarheid van die wending van die siekte wat angstigheid veroorsaak. Marí Hudson praat met prof. Vernon Louw, hoof van kliniese hematologie by die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur Hospitaal, oor die jongste insigte.

Sê nee vir obesiteit
Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n


