Op pad na masels-uitbreking ná Covid?

Die masels virus het ook uitsteeksels wat graag aan liggaamselle bind sodat dit die selle kan binnedring om binne-in die selle te vermeerder.

Immunisering, vaksinering, inenting – verskillende benoemings vir die toedien van ’n entstof om te keer dat die ontvanger ’n siekte opdoen. Het vaksiene werklik ’n verskil gemaak aan siektes en sterftes? Is dit veilig? Wat sal gebeur as jy níé jou kind laat vaksineer nie?

En wat van die gebrek aan vaksinering tydens die Covid-inperkings? Wag daar dalk noor enkele maande ‘n groot masels-epidemie op Suid-Afrika in die lig daarvan dat selgs die helfte van kinders wat teen masels gevaksineer moes word, reeds hul inentings ontvang het? Gaan ons in die DRK se voetspore volg, waar ‘n masel-uitbreking weens gebrekking inenting reeds tot meer as 6000 kindersterftes gelei het? En hoeveel keer moet wetenskaplikes aan anti-vaxxers sê dat die berigte oor die verband tussen die MMR-vaksien en outisme al male sonder tal deur wetenskaplike bevindings weerlê is?

Marí Hudson gesels met dr Thandi Wessels, distrikspediater verbonde aan die departement pediatrie en kindergesondheid aan die Universiteit van Stellenbosch, oor dié kwessies.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: