Wat word van hartoorplantings tydens en ná Covid-tyd?

Drie oorplantingschirurge: Susan Vosloo (middel; harte) saam met prof Elmi Muller (links; niere en lewer) en prof. Elmin Steyn (niere).

Augustus is Orgaanskenkingsbewustheidsmaand. Maar in Suid-Afrika het orgaanoorplanting sedert die COVID-inperkings in Maart tot stilstand gekom. Tog het die pasiënte op die waglyste vir hart-, nier-, lewer- of ander oorplantings steeds skenkerorgane nodig. Wat word van dié pasiënte? Hoe sal dié programme, wat só afhanklik is van die publiek se samewerking, herrys?

Marí Hudson gesels met Dr Susan Vosloo, Kaapstadse hartchirurg met ‘n spesiale belangstelling in kinderhartchirurgie en hartoorplantings oor dié kwessies.

https://iono.fm/e/910515

Die volgende kwessies word ook bespreek:

  • Nie net het orgaanoorplantings in die hek geduik nie, maar oor nie-nood operasies om aangebore hartdefekte te herstel. Wat word van dié pasiënte wat hierdie prosedures benodig?
  • Hoe nou vorentoe?
  • Werk hartoorplantings werklik? Wat is die suksessyfer?
  • Word die vraag na hartoorplantings meer of minder met dié dat meer aangebore hartdefekte herstel word?
  • Al meer komplekse hartchirurgie word op kinders gedoen en al meer leef tot volwassenenheid.
  • Wat weet ons van mense op die waglyste vir hartoorplantings?

Kry meer nuttige inligting op hierdie webwerwe:

https://www.organdonors.co.za/

https://www.organdonors.co.za/transplants/

http://www.foxwood.tv/film/1000-lives/

Werner se storie

https://www.rsgplus.org/leefstyl/gesondheid/sonder-n-hartoorplanting-sal-werner-nie-oorleef-nie/

Werner voor sy hartoorplanting
Dr Vosloo in die teater besig met die hartoorplantingsoperasie op Werner
Daardie vreemde oomblik: die leë borskas.
Werner stap tien dae later uit die hospitaal, nadat hy die voorafgaande 6 maande aan ‘n bed gekluister was.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: