Betaal jy ten duurste vir ‘n maermaakfoefie?

Oorgewig mense (en dit is byna die helfte van alle volwassenes in Suid-Afrika) gryp dikwels na kitsoplossings om gewig te verloor. Daar is baie maermaak-planne – dikwels baie duur – wat deur desperate mense aangegryp word. Is dit foefies of werk dit? En as dit help, op grond van watter wetenskaplike beginsels? En hoe moet ’n mens weet wat werk?

Marí Hudson gesels met prof Tess van der Merwe, bekende endokrinoloog en kenner op die gebied van vetsug en die behandeling daarvan, oor verslankings-foefies.

Luister hier na Gesondheid op RSG:

Agtergrond

Daar is ‘n paar nuwe foefies wat nou weer hulle koppe uitgesteek het:

  • ‘Herbal thyroid preparations’
  • varkekstrak natuurlike tiroied hormoon
  • ‘adrenal exhaustion’
  • total hormonal analysis’ van elke moontlike en onmoontlike hormoon, toepaslik of nie wat kom teen ‘ koste van astronomiese R17500 rand nog voordat jy die ‘dokter’ sien en glo dit as jy wil of nie,
  • ‘hydrogen peroxide infusions”! for ‘leaky gut syndrome’.
  • En dan infusie klinieke waar jy van ‘menu’ kan kies watter ‘kombinasies van vitamien konkoksies jy wil hê vir die dag met pryse van R3500 tot oor die R10 000. Geen bloedtoetse word voor of na lg gedoen nie. Soos ‘n spa behandeling.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: