Die eerste stap na presisie behandeling vir almal?

Prof Maritha Kotzé

Mediese navorsers werk in laboratoriums met mikroskope, proefbuise, in hulle eie wêreld. Hoe oorbrug ’n navorser die afstand tussen laboratorium en die regte lewe van pasiëntsorg? ’n Suid-Afrikaanse navorser is pas deur die International Consortium for Personalised Medicine bekroon met ’n internasionale prys omdat sy aan die voorpunt gestaan het om ingewikkelde laboratorium bevindings te omskep in ’n eenvoudige, vinnige toets wat letterlik in die verste kliniek op die platteland gedoen kan word.

Hoe kom twee uiteenlopende wêreld bymekaar: dié een van hoogs gesofistikeerde presiese behandeling en die pasiënt by ‘n plattelandse kliniek?

Mari Hudson gesels met ’n navorser wat juis dít reggekry het.

Luister hier  na Gesondheid op RSG, aangebied deur Marí Hudson. Sy gesels met prof Maritha Kotze, genetiese navorser by die NHLS, met noue bande met die US en die MNR:

Hierdie grafika verduidelik van die konsepte:

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: