Mediese fonds eis goedgekeurde geld terug van praktisyns

Dokters, fisioterapeute en ander praktisyns wat private gesondheidsdienste verskaf, is tans verskrik omdat ’n mediese fonds nou tot miljoene rande se fonds-uitbetalings per praktyk van hulle terug-eis. Wat gaan hier aan? Betaal die mediese fonds dié geld terug aan die lid? Het die praktisyns oortree? Wat is die fyn lyn tussen etiese en onetiese optrede?

Wat is die implikasies van dié optrede vir dokters se onafhanklikheid, vir siekefondslede se eise en vir die beheer van die groot beplande fonds van die Nasionele Gesondheidsversekeringsplan?

Luister Woensdag om 11:30 in Gesondheid op RSG. Mari Hudson probeer om agter die kap van die byl te kom.

Prof Birgit Kuschke van die Universiteit van Pretoria vertel meer:

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: