Lang Covid: Covid kan tot diabetes lei

Covid het ‘n lang stert met verskeie moontlike gevolge, want dit kan verskeie organe aantas en ook regstreeks depressie veroorsaak. Daar word nou amptelik gepraat van Lang Covid. Ons kyk hoe Covid letterlik tot diabetes kan lei.

Mari Hudson gesels met prof Tess van der Merwe, endokrinoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, oor Lang Covid.

Interessante feite

  • Covid kan vele organe en stelsels aantas, insluitend die pankreas, tiroïed, longe, bloedstolling, inflammatoriese response, en hart-arritmiee.
  • Selfs mense wat Covid aanvanklik lig kry, en gou herstel, kan so 7 tot 10 dae later ‘n insinking beleef. Dis gewoonlik ‘n inflammatoriese reaksie.
  • Oorgewig pasiënte met ‘n BMI van meer as 41, en met diabetes het die grootste risiko vir komplikasies en Lang Covid.
  • Medikasie wat ingespan word om Covid te behandel, kan ook die pankreas beskadig.
  • Mense met diabetes, ly reeds aan hiperstolbaarheid, wat vererger kan word deur Covid.
  • Covid kan regstreeks die pankreas beskadig, en kan tot hiperosmolare diabetes lei, wat tot keto-asidose kan lei, met ‘n verlaagde pH en dus verlaagde Kaliumvlakke wat tot hart-arritmiee en die dood kan lei.
  • Die sterftesyfer onder oorgewig diabete met Covid is tot 5 maal hoër as in ander groepe mense wat Covid opdoen.
  • Dit is belangrik om liefs nie Covid op te doen nie.

    Die K9 eenheid van die SAPS het twee weke gelede begin om honde op te lei om Covid uit te ruik. Die reukhonde word geleer om met meer as 90% akkuraatheid selfs asimptomatiese Covid-gevalle uit te ruik. Die honde behoort teen die einde van Julie hul opleiding te voltooi. Luister na Gesondheid op RSG in Julie, waar ons n program gaan wy oor hoe die honde opgelei word om Covid en ander siektes uit te ruik. Ontmoet Suid-Afrika se 1e 4 Covid-reukhonde in opleiding hier.

 

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: