Riley, Zak, McGyver en Charlie: SA se 1e Covid-snuffelhonde ruik Covid met meer as 96% akkuraatheid uit

Die K9 eenheid van die SAPS het in Junie begin om honde op te lei om Covid uit te ruik. Die reukhonde van die K9 Forensiese Eenheid word geleer om met meer as 96% akkuraatheid selfs presimptomatiese Covid-gevalle in die inkubasietyd van Covid uit te ruik. Die honde het pas hulle opleiding voltooi. Reukhonde word reeds in verskeie Europese lande ingespan om met groot akkuraatheid Covid uit te ruik.

Luister Woensdag hieronder na die program op Gesondheid op RSG, waar prof Tess van der Merwe vertel hoekom en hoe die honde opgelei word om Covid en ander siektes uit te ruik.

Kyk hoe ingenome is Zak met sy akkurate identifikasie van Covid.

Ontmoet solank Suid-Afrika se 1e 4 Covid-reukhonde:

Riley is ‘n 21 maande oue Duitse Herdershond. Hy is vol woema en energiek en perfek vir die opleiding wat wag.
Zak is ‘n driejarige Labrador. Sy gretigheid om te leer maak hom ‘n ideale kandidaat vir die Covid 19 Opsporingspan.
McGyver is 3 jaar oud en ‘n Labrador. Hy het ‘n baie metodiese werkspatroon.
Charlie is ‘n 7-jaar oue Border Collie kruis wat opgelei is om die geringste spore van reuke te identifiseer. Hy het al oor die hele Suid-Afrika gewerk en sy ervaring maak hom ‘n groot aanwins vir die span.
Is die toekomstige rekrute dalk een van dié hondjies?
Die hondekenners van die K9 Forensiese eenheid identifiseer al kandidate op ‘n jong ouderdom. Vir eers is dit net pret en speel.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: