Hart- en nierversaking kan met diabetesmiddel verminder word

Meer as 60 miljoen mense in die wêreld ly aan hartversaking. Meer as 30 miljoen gaan binne 5 jaar sterf. Nuwe generasie diabetesmiddels kan nou in die behandeling van hartversaking en in nierversaking ingespan word.

In deel 3 van die reeks oor Diabetes, nuwe middels en hartpropbleme, gesels Mari Hudson met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes en ook in die behandeling van hartversaking en nierversaking.

Die middels is Jardiance en Forxiga.

Luister Woensdag 3 November om 11:30 na Gesondheid op RSG.

 

Deel 2
Nuwer diabetes middels kan hartversaking voorkom en agteruitgang van nierversaking stop.
In deel 2 van die reeks oor Diabetes, nuwe middels en hartpropbleme, gesels Mari Hudson met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.

Deel 1
Een van die grootste probleme met Tipe 2 diabetes is die voorkoming van komplikasies soos hartversaking en nierversaking.
Nuwe middels is nou beskikbaar wat ’n rol kan speel om Tipe 2 diabete langer en gesonder te laat lewe.
Mari Hudson praat met dr Marius Wasserfall,  ’n internis, oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.

Luister na ander onlangse programme oor diabetes:

https://www.rsgplus.org/lang-covid-covid-kan-tot-diabetes-lei/

Diabetes – Neem kennis van die Groot D

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: