Het jy geweet dat een uit tien volwassenes chroniese niersiekte ontwikkel? Die siekte kan jou so bekruip dat jy 90% van jou nierfunksie kan verloor voordat jy simptome het en dit agterkom. Die stil siekte speel ‘n groter rol in hartaanvalle en beroerte as verhoogde cholesterolvlakke. Kom luister hoe belangrik dit is dat jy meer aandag skenk aan die twee vuisgrootte, boontjievormige organe in jou flanke, agter teen jou rugspiere.

Sê nee vir obesiteit
Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n


