Omikron-golf piek vinnig; Hoe behandel dokters koors in kinders?

Sal die vierde (Omikron) golf lank en uitgerek wees soos die Delta-golf? Of sal getalle net so vinnig afneem as wat dit toeneem? Sal ons waakeenhede weer oorloop? ’n Dataontleder vertolk die beskikbare data.
Mari Hudson gesels met data-analis Dr Piet Streicher, verbonde aan die Universiteit van Johannesburg se Instituut vir Toekomskennis.
Hy het voorspel dat Gauteng se Omikron-golf sy peik op 16 Desember sou bereik, en dit het presies so gebeur. Dit is 3 weke nadat die nuwe variant waargeneem is. Hy voorspel dat die 4e golf se infeksies vinnig sal stryg en vinnig sal daal, juis omdat dit hoogs aansteeklik is. Maar dit blyk ook volgens die data dat die kans om in die hospitaal te beland en te sterf, ses keer kleiner is as met die delta-variant. Dus: Omikron is baie aansteeklik, maar minder dodelik.

Mari Hudson gesels ook met Dr Leana van Dyk, pediater van Somerset-Wes, oor koors in babas en kleuters. Koors in babas verskil van koors in kleuters. As ‘n baba koors het en pap is en nie wil eet nie, moet die oorsaak van die koors gesoek word.

Dié gesprek word volgende week voortgesit.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: