Dieet gummies; verband tussen oorgewig, lewer- en pankreassiektes

Dieet gummies gaan jou nie maer maak nie.
Voorts kan ‘n oorlading van vitamiene A, D, E en K kan die opname van antidepressante, tiroïed-medikasie, anti-epileptiese medikasie en bisfosfanate om osteoporose te behandel, benadeel en veroorsaak dat dié siektes nie voldoende behandel word nie.

Oor lewervervetting
Dit is of toe te skryf aan genetika of oorgewig. Die lewer stoor so baie vet dat daar nie meer plek is om suiker te stoor in die vorm van glikogeen nie, wat lei tot verhoogde suikervlakke in die bloed en uiteindelik tot diabetes.
Lewervervetting is ‘n progressiewe siekte

Oor pankreatitis
Pankreatitis lei op 4 maniere tot groot probleme:
1. Meer insulien en insulien-soortige groeihormoon word afgeskei, en lg stimuleer die groei van kankerselle in verskeie organe soos die kolon, bors en pankreas.
2. Meer pro-inflammatoriese molekules wat tot chroniese inflammasie veroorsaak, wat kankergene kan aanskakel.
3. Die bakterieë in jou dermkanaal verander en lei ook tot kankervorming
4. Die vet word ‘n orgaan op sy eie en skei hormone af wat tot abnormale bloedvatvorming in enige orgaan kan lei, wat dan die kankerwekkende pro-inflammatoriese molekules maklike toegang gee tot die organe.

Oor Pankreaskanker
Weens die obesiteit epidemie gaan pankreaskanker die tweede grootste kanker in die wêreld word.
Nie alle mense wat pankreaskanker ontwikkel, is oorgewig nie, maar die toename in pankreaskanker hou direk verband met die obesiteit epidemie.

Die verband
Oorgewig kan afsonderlik tot lewervervetting, pankreatitis en pankreaskanker en ook tot ander kankers lei.
Lewervervetting kan tot diabetes lei.
Pankreatitis kan tot pankreaskanker lei en ook tot ander kankers.
Pankreaskanker kan maklik na die lewer versprei.

‘n Vitamien-drup by ‘n IV bar is ‘gekkespul’ maan dokter

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: