Aandag alle tipe 2 diabete!

Luister vandag 11:30 na die tweede program in die kort reeks oor die Jongste Inligting oor Tipe 2 Diabetes.

Lank voordat jy met tipe 2 diabetes gediagnoseer word, word jou hart en bloedvate aangetas en verhoog jou risiko vir hartversaking, hartaanvalle en beroerte. Slegs drie van die antidiabetesmiddels beskikbaar help om dié komplikasies teen te werk. ‘n Nuwe middel wat op jou niere werk, is die beste voorkoming teen hartaanvalle. Marí Hudson gesels met ’n spesialis in die tweede gesprek in ’n kort reeks oor die jongste inligting oor tipe 2 diabetes.

Hier is inligting oor die eerste program in die reeks van 2:
Wat is die jongste nuus oor die behandeling van tipe 2 diabetes? Het jy geweet die grootste gevaar van diabetes is die komplikasies daarvan, spesifiek die groot risiko vir hartaanvalle, beroerte en nierversaking? En dat die anti-diabetesmiddel wat op jou niere werk, jou risiko vir hartaanvalle drasties kan verminder? En dat om op te hou rook, enorme voordele vir diabete inhou?

Mari Hudson gesels met Dr. Marius Wasserfall, internis by Mediclinic Panorama, oor die jongste inligting betreffende tipe 2 diabetes.

Lees en luister ook

https://www.rsgplus.org/gesondheid/die-jongste-feite-oor-banting-diabetes-en-oorgewig/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/hoe-lei-diabetes-tot-hartaanvalle/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/hoe-alles-diabete-hulle-voete-moet-versorg-om-amputasie-te-voorkom/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/hoe-word-retinale-loslating-behandel/

https://www.rsgplus.org/gesondheid/beste-eet-riglyne-vir-diabete/

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: