Kinders kry ook Bell-verlamming

Maandag 6 November 2017

Bell se verlamming (gesigverlamming) assosieer ’n mens nie met babas en kinders nie, maar tog kom dit baie algemeen voor. Pediater dr. Liesl Venter vertel vir Charlene Lackay meer hieroor.

Bell-verlamming tref akteur

Pyn en ongemak agter die skerms
Wilhelm van der Walt (Tim) wat saam met André Odendaal (Frank) op Donderdagaand 2 November om 20h00 in RSG se radiodrama, DOP deur Retief Scholtz, speel, moes deur baie ongemak en pyn werk.

Agt weke voor die opname het hy die oggend wakker geword met Bell se verlamming. Hy was aan die repiteer om Aardklop toe te gaan en moes maar deurdruk, want dit is sy brood en botter. Ná Aardklop moes hy die veeleisende tweemanstuk, DOP, aanpak. Wilhelm het nieteenstaande die ongemak, volgens RSG-regisseur, Johan Rademan, ‘n kragtoer gelewer. Soms moes hy sy lip vashou (sien foto’s onder, en verduideliking van Bells-verlamming) om die moegheid en lamgevoel teen te werk.

Wilhelm moes soms sy lip vashou om nie vreemd te klink nie.
Hanglippie en al!
Met Bell se verlamming, is gesisgspiere aan een kant van die gesig tydelik verlam omdat die kopsenuwee wat hierdie spiere beheer, die Sewende kopsenuwee Nervus Facialis, onsteek en geswel is weens een of drukking op die senuwee. Dit is gewoonlik die gevolg van ‘n virus soos byvoorbeeld die herpesvirus wat waterpokkies kan veroorsaak of die Epstein Barr virus wat klierkoors kan veroorsaak. Die graad van verlamming kan verskil van mens tot mens. Die verlamming herstel in die meeste gevalle binne sowat 6 maande.
Die takke van Kraniale Senuwee VII pas byna soos die vingers van jou hand oor jou gesig en voorsien die vel en oppervlakkige spiere van jou voorkop, wang, bolip, ken en selfs deel van jou nek van senuwee-impulse. As dié senuwee nie goed werk nie, sal die een kant van jou gesig hang en nie beweeg soos dit behoort te beweeg nie.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: