Covid-inperkings lei tot meer selfmoord

Covid-19 is besig om op vier vlakke psigies sy tol te eis.

  • Die uitwerking van die inperking, ingehoktheid en isolasie – die nommer 1 probleem
  • die bekommernis oor jou werk en toekoms – die nommer 2 probleem
  • Die vrees vir die virussiekte – die nommer 3 probleem
  • en die regstreekse uitwerking van die virus op die brein. (Dié aspek sal in ‘n program in die toekoms bespreek word.)

Dit is ontstellend dat die selfmoord-insidensie wêreldwyd sedert die Covid-inperkings toegeneem het en steeds toeneem. Ook in Suid-Afrika word psigiaters gekonfronteer met meer gevalle van selfmoord, depressie, angs, PTSD, en ook aggressie. Dit lyk of die wêreld en ook Suid-Afrika die impak van die Covid-inperkings op die mens se psige glad nie in ag geneem het nie, en totaal onderskat het.

Voorts kan die psigiese gevolge van die Covid inperkings tot ses jaar met ons wees en ervaar word.

Depressie, aggressie en selfs selfmoord kan nie geïgnoreer word nie. Marí Hudson praat met dr. Eugene Allers, ‘n psigiater van SASOP, oor die impak van die Covid-situasie op die psige.

Lees en luister ook:

https://www.rsgplus.org/covid-19/covid-19-siekte-van-inflammasie-en-stolling/

https://www.rsgplus.org/covid-19/hoe-werk-covid-19-toetse/

https://www.rsgplus.org/covid-19/gee-aandag-aan-stolselvorming-in-covid-pasiente/

https://www.rsgplus.org/natuur/kan-jou-troeteldier-covid-aan-jou-oordra/

https://www.rsgplus.org/covid-19/geen-mediese-redes-meer-vir-streng-inperking/

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: