Covid, suurstof, osoon, peroksied, wonde en bestraling

Hiperbariese suurstofterapie word gebruik in die behandeling van borrelsiekte by duikers. Hoe werk dit? En waarom kan dit tot borrel-beroerte en verlamming lei as die duiker nie betyds vir borrelsiekte behandel word nie.

Help dié behandeling vir Covid-pasiënte? En vir diabete se wondgenesing of vir bestralingspasiënte?

Dié tipe suurstofbehandeling word dikwels verwar met osoon en waterstofperoksied, maar verskil hemelsbreed van laasgenoemde twee al bevat al drie se chemiese verbindings wel suurstofmolekules.

Mari Hudson gesels met dr Frans Cronje,  ’n spesialis in lugvaart- en duikgeneeskunde en kundige in die gebruik van hiperbariese suurstofbehandeling om antwoorde op dié vrae te vind.

Luister hier na die program:

HULP

Vir navrae as ‘n duiker in die moeilikheid is, of vir navrae oor hiperbariese suurstofterapie, bel hierdie noodnommer van die Divers Alert en Netwerk: 082 8 10 60 10.

Besoek ook www.sauhma.org die webwerf van die SA Underwater and Hyperbaric Medical Association.

Suurstof (O2) bestaan uit twee suurstof-molekules.
Osoon (O3) bestaan uit drie suurstof-molekules. Atmosferiese osoon bestaan in die osoonlaag in die stratosfeer.
Waterstofperoksied bestaan uit twee waterstofmolekules en twee suurstof-molekules. Dié stof word gebruik in haarkleurmiddels om die hare bleik.

 

‘n Hiperbariese suurstofkamer. SA het nege geakkrediteerde hiperbariese suurstofkamers. Bly weg van kamers wat of kapsules wat nie geakkrediteer is nie.
‘n Hiperbariese suurstofkapsule

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: