Kernongelukke en bestraling

Die onlangse TV minireeks Chernobyl het ’n mens laat skrik vir die gevolge van ’n kernkrag-ongeluk. In die tweede deel van dié kort reeks oor radio-altiewe bestraling, kyk ons na die behandeling van ’n mens wat met hoë doserings radio-aktiwiteit bestraal is, en wat die grootste risiko vir ’n bestralings-insident inhou… en dis nie ’n kernkrag-ontploffing by Koeberg nie!

Marí Hudson gesels met Dr Sydney Carstens, ’n beroepsgeneeskundige by die Tygerberg Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch.

Hier is oorspronklike materiaal oor die kernkragontploffing:

Bestralingsdosisse

Luister na die kort reeks oor straling-skade aan die liggaam ná blootstelling aan hoë doserings radio-aktiewe bestraling.

Hier is deel 1 van die reeks van 2:

In die onlangse TV-minireeks, Chernobyl, het die groot kernkragongeluk tot ernstige bestralingskade aan die omgewing en ook akute bestralingsiekte gelei. Wat gebeur in die liggaam met hoë doserings radio-aktiewe bestraling? Watter bestralingsdosis is hoog genoeg vir bestralingsiekte? Wat gebeur wanneer jou eie liggaam radio-aktief word? En is ons liggame nie in elk geval effe radio-aktief nie? Marí Hudson gesels met Dr Sydney Carstens, ’n beroepsgeneeskundige by die Tygerberg Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch, oor akute bestralingsiekte.

Luister ook: Chernobyl vs Koeberg vs Fukushima

Dr. Wallace Vosloo, hoogspanningspesialis, verduidelik vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die tegnologie wat by die Koeberg-kernkragsentrale gebruik word, verskil met wat by Tsjernobiel gebruik is. Kan ‘n kernongeluk soos by die Chernobyl-kernkragreaktor ook by Koeberg gebeur? Waarom nie? Dr Vosloo verduidelik hoe Rusland kortpaaie geneem het met die bou van Chernobyl.


Kyk na die lokprent van die TV reek Chernobyl:

Die mini-reeks vs die werklikheid:

So lyk Chernobyl en Pripyat vandag:

Die Fukushima Daiichi kernkragongeluk ná ‘n groot tsoenami

Die kaart dui die gebied by die Chernobyl kernkragreaktor aan.
Chernobyl ná die ongeluk
Voor en ná die kernkragontploffing.

 

Koeberg kernkragreaktor.

Lees en luister meer oor die Chernobyl en ander kernkrag-ongelukke:

https://www.world-nuclear.org/information-library/safety-and-security/safety-of-plants/chernobyl-accident.aspx

https://www.livescience.com/39961-chernobyl.html

https://en.wikipedia.org/wiki/Chernobyl_disaster

https://www.world-nuclear.org/information-library/safety-and-security/safety-of-plants/fukushima-accident.aspx

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: