Die jongste oor borskanker

Groot vooruitgang is die afgelope 20 jaar gemaak in die ontrafeling van borskanker. Dit het tot akkurater diagnosering en behandeling gelei. Wat is die belangrikste en jongste feite wat elke vrou moet weet oor dié siekte, wat een uit elke 9 vroue kan tref?

Marí Hudson gesels met Dr Rika Pienaar, ’n Kaapse onkoloog, oor borskanker in borskankerbewustheidsmaand.

 

Hier is enkele feite uit die gesprek

  1. Sowat een uit 9 vroue ontwikkel een of ander soort borskanker
  2. Alle borskankers is nie dieselfde nie. Vier hoofgroepe word geïdentifiseer en elk word verskillend behandel.
  3. Elke pasiënt se behandeling word individueel bepaal.
  4. Die voorkoms van borskanker onder jonger vroue het die afgelope 20 jaar toegeneem.
  5. Die oorlewingsyfer van pasiënte met borskanker die het die afgelope 30 – 40 jaar met 40% toegeneem.
  6. Die meeste knoppe wat deur die vrou self opgetel word, word opgetel as dit al 2 cm groot is. ‘n Mammogram kan ‘n knop 2 tot 3 jaar vroëer identifiseer. Gereelde mammogramme (elke 1 tot 2 jaar) kan jou lewe red.
  7. Om ‘n baba te kry ná herstel van borskanker kan selfs die uitkoms van ma verbeter. Borsvoeding ná swangerskap is goed teen herhaling van borskanker.
  8. Tot 50% van borskankers kan voorkom word indien die vrou vroeg begin om gesonder te lewe. Omgewingsfaktore soos oorgewig, gebrek aan oefening, rook, en vele ander eksterne faktore kan ‘n rol speel om gene wat borskanker kan veroorsaak, aanskakel. Gesonde lewenswyses kan voorkom dat dié sluimerende gene ooit aangeskakel word.

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: