Die nuutste feite oor ‘n mastektomie

Die kennis, insig, diagnose en behandeling van borskanker het die afgelope dekade of twee, baie verbeter.

Dr Ettienne Myburgh, chirurg en hoof van die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie, gesels met Marí Hudson oor die nuutste tendense in borskanker-chirurgie en hoe die spesialiste in spanne saamwerk om die beste opsies vir ‘n pasiënt te bied.

Hul webblad het baie inligting oor borskanker: https://pacso.co.za/

Neem kennis van die volgende waarskuwings:

  1. As die chirurg vir jou sê jy moet dadelik ná jou borskankerdiagnose ‘n radikale mastektomie kry, en al die kliere in jou oksel moet verwyder word vir die beste kans op oorlewing…hardloop weg, en maak seker dat jy by ‘n span borskankerspesialiste uitkom wat die beste en nuutste behandelingsmetodes kan toepas en nie vasgesteek het by protokolle uit die ark nie.
  2. As ‘n chirurg nie vir jou ‘n onmiddellike rekonstruksie deur ‘n ervare plastiese chirurg aanbied saam met die operasie om die kankerknop te verwyder nie…hardloop weg.
  3. As die spesialis ‘n mastektomie of enige ander operasie wil doen voordat ‘n weefselbiopsie met ‘n dik naald, histologie en genetiese toetse op die biopsie gedoen is om die soort borskanker te identifiseer en die stadium van die kanker bepaal deur verskeie beeldingstegnieke (hoofsaaklik CAT en MRI skanderings)…hardloop weg. Bestraling en chemoterapie vóór chirurgie kan help om die kanker te krimp en die chirurgie minder ingrypend te maak.
  4. As die span wat jou behandel alles binne dae wil afjaag, en nie wag op die uitslae van al die belangrike toetse sodat op die beste behandelingsplan besluit kan word nie…hardloop weg. Want borskanker is ‘n relatief stadige kanker en oorhaastige besluite kan die verkeerde besluite wees want jou jare later kan doodmaak.
  5. ‘n Dubbele mastektomie sal slegs jou lewe red indien jy een van die belangrike borskanker-gene het soos die BRca1 of BRca2. Dit het geen effek op die oorlewing van pasiënte met hormoongedrewe borskanker, Her2-borskanker or tripel-negatiewe borskanker sonder die belangrike borskanker-gene nie.
  6. Die kosmetiese uitkoms van die kankerverwyderende borskanker en die onmiddellike rekonstruksie is baie beter as selfs 10 jaar gelede, met snitte wat versigtiger gemaak word om die kontoere van die bors te volg en prosteses wat beter is.
  7. As jy besluit dat jy nie chemoterapie of ‘n mastektomie wil hê nie al beveel ‘n span spesialiste dit aan, maar eerder net Cannabis of ander ‘natuurlike’ middels, is dit jou keuse. Besef wel dat jou kans op 5-jaar en 10-jaar oorlewing dramaties laer is.

Lees en luister ook:

Die jongste oor borskanker

 

Hoe kan DNS toetse my help?

 

Borskanker: wat jy móét weet

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: