Dokters en middelmisbruik: rehabilitasie baie suksesvol

Dit is geen geheim dat gesondheidswerkers onder groot druk werk weens die Covid-gevalle in hospitale. Hoe hanteer gesondheidswerkers hierdie druk? En veral jong dokters wat toegang het tot medikasie wat verslawend kan wees? Hoe ken mens die gevaartekens uit waaraan aandag geskenk moet word?

Is verslawing aan die middels ketamien en pethidine ‘n moontlikheid?

Marí Hudson gesels met Dr Eugene Allers,  psigiater, oor dié kwessies.

Luister na die volledige gesprek op Gesondheid op RSG:

Enkele feite

  • Dokters in Suid-Afrika is onder groot druk: enersyds is hospitaaldokters oorweldig deur die groot getalle Covid pasiënte en die besluite wat hulle moet neem oor lewe en dood; andersyds is baie chirurge en narkotiseurs onder druk omdat hulle hul praktyke aan die gang moet hou al mag hulle vir lang tye nie elektiewe chirurgie mag doen nie.
  • Suid-Afrika het ‘n tekort aan dokters en alle soorte spesialiste, tog word baie dokters se praktyke bedreig weens die inperkings.
  • Middelmisbruik onder dokters in Suid-Afrika is nie ‘n groot probleem nie, en pasiënte hoef beslis nie dokters te wantrou nie.
  • Indien ‘n dokter ‘n verslawingsprobleem opdoen en dit word aangemeld (of deur die dokter self aangemeld), doen die SA Gesondheidsberoepsraad (SAHPC) alles om die dokter te rehabiliteer. Die rehabilitasiekoers onder dokters in 90% – baie hoër as onder die algemene publiek.
  • Die grootste verslawingsprobleem onder dokters is opiate, oftewel morfien-agtige middels soos onder meer pethidine.
  • Die opiaat-misbruik probleem is 10 maal groter in Suid-Afrika onder die algemene publiek as in die VSA. Baie hoesmedisyne en pynstillers bevat kodeïen (‘n opiaat) maar is oor die toonbank en sonder voorskrif beskikbaar.
  • Opiate laat mense eufories voel, maar as dit uitgewerk is, voel die gebruiker baie sleg en soek hy weer ‘n dosis.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: