
Luister na Gesondheid op RSG om 11:30.
Marí Hudson gesels met een van Suid-Afrika se voorste endoskopiese endometriose-chirurge, Prof Igno Siebert van die Aevitas kliniek in Pinelands, Kaapstad, vir antwoorde op hierdie vrae.
Interessante feite
Endometriose in die eierstokke so ‘n tameletjie.
Endometriose kan pynlik wees, die blaas, nierpype,dermkanaal en eierstokke infiltreer, jou gesondheid benadeel en vrugbaarheid belemmer.
Dit behoort in een enkele operasie verwyder te word. As jy ‘n tweede endometriose operasie moet ondergaan, moet jy beslis by een van die land se handvol endometriose-spesialiste uitkom sodat al die foutiewe weefsel op een slag verwyder kan word. Geen derde en vierde operasies nie!
Vir inligting hoe om vas te stel watter ginekoloë is opgelei om die ingewikkelde endometrioses operasies te doen, gaan na www.sasreg.co.za en stuur ‘n epos navraag. Of rig die navraag aan info@aevitas.co.za of bel prof. Siebert by 021 531-6999.