Het jy geweet fibromialgie is ‘n sindroom waar die lyer pyn baie erg ervaar? En dat spesiale breinskanderings wys hoe areas van die brein wat die pynhekke moet sluit, foutief optree en die hekke wyd ooplaat vir pyn? Het jy geweet slaapversteurings vererger die pyn, maar dat daar wel behandeling is wat die meeste lyers kan help om minder pyn te ervaar?

Sê nee vir obesiteit
Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n


