Herpes is vir ewig

Die herpes-familie van virusse veroorsaak nie net koorsblare en waterpokkies nie, maar nog ander siektes. Dit is ’n taai en geslepe kalant wat lank in jou senuweevesels kan skuil, om later baie pynlike gordelroos te veroorsaak. Daar is entstowwe wat jou baie pyn kan spaar.

‘n Dokter het op ‘n keer opgemerk ‘Liefde is nie vir ewig nie, maar die herpes-virus wel’. Is dit só? Of is daar behandeling of selfs voorkomende immunisering teen al of sommige van die siektes? Marí Hudson gesels met ‘n viroloog hieroor.

Hier is enkele interessante feite:

Die Herpes Simplex tipe 1 virus wat koorsblare veroorsaak.

1. Daar is 8 verskillende herpesvirusse
– Herpes Simplex 1 veroorsaak koorsblare
– Herpes genitalis veroorsaak genitale herpes.

Die Herpes varicella zoster virus wat gordelroos veroorsaak.

– Herpes Varicella veroorsaak waterpokkies.
– Herpes Varicella Zoster veroorsaak gordelroos.
– Eppstein Barr virus veroorsaak klierkoors.

2. Koorsblare kan ook genitale herpes veroorsaak.

3. Slegs mense wat voorheen waterpokkies gehad het, kan later gordelroos ontwikkel.
Daar is entstowwe teen albei. As jy nie waterpokkies gehad het nie, kan jy nie later gordelroos ontwikkel nie.
Iemand wat gordelroos het, kan nie gordelroos na iemand anders oordra nie.

4. Gordelroos is pynlik omdat die virus in die senuweestelsel wegkruip.

Deur Marí Hudson

© Mari Hudson

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: