As jy eendag pa wil word, los die anaboliese steroïede nou

Dit is ‘n ope geheim dat heelwat hoërskool-rugbyspelers, veral eerstespanspelers, anaboliese steroïede gebruik, soms met die wete en ondersteuning van die seun se ouers.

Die seun mag wel pragtige spiere ontwikkel en ‘n barshou rugby speel, maar as hy eendag pa wil word, mag hy dalk lang trane huil, want testosteroon-bevattende sportaanvullings kan ‘n gespierde jongman se spermtelling tot zero kan laat daal – vir altyd. Infertileit by mans weens anaboliese steroïed gebruik is een van die moeilikste infertiliteits-oorsake om te behandel en om te keer, het ‘n fertiliteitspesialis verduidelik.

Ons kyk na infertiliteitsprobleme by mans, die oorsake, hoe ‘n goeie spermsel moet lyk en beweeg en hoe dié mans gehelp kan word, want met die nuutste tegnieke kan selfs mans met uiters lae tellings pa kan word – as sy vrou nie te oud is nie!

Luister Woensdag 14 Junie na Gesondheid op RSG. Prof Thinus Kruger van die Aevitas kliniek in Kaapstad, vertel meer.

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: