Keto-diëte bring gewigsverlies teen astronomiese metaboliese skade

Wat is ketone? Waar kom dit vandaan? Hoe vorm dit in die liggaam. Hoe werk die keto-dieet? is dit goed of nadelig vir ‘n mens.

Marí Hudson praat met prof Tess van der Merwe, endokrinoloog, oor die ketodieet, wat ketone is, en hoe dit in die liggaam werk.

Interessante inligting

Die liggaam vervaardig ketone as ‘n afbraakproduk as spiere afgebreek word om kos vir die brein te vorm. Dit gebeur as die liggaam vir langer as sowat 5 tot 7 dae geen voedsel ingeneem het nie.

Ketoonvorming beteken dat die Lean Body Mass, dus alle spierweefsel in die liggaam afgebreek word, ook die hartspier en longe word opgevreet.

Die gemiddelde persoon sal sowat 55 tot 60 dae oorleef sonder kos. Hulle sterf omdat hulle ophou asem haal, omdat die hart nie meer genoeg spierweefsel het om te klop nie, en nie genoeg longweefsel het om asem te haal nie.

Dit takel ook ‘n deel van die niere en rooibloedselle af.

Keto-diete stuur liggaam in verhongering-skok in.

As jou liggaam in ketoonproduksie ingeforseer word deur ‘n keto-dieet, verlaag jou T3-Tiroiedhormoon wat ook jou metabolisme verlaag.

As jy 5,8 kg binne een week verloor:

is 1,6kg glikogeen en water

2,5kg  was vet

1,7 kg was lean body mass, dus spierweefsel, wat dan weer jou metaboliese spoed verlaag en jou weer makliker gewig laat optel.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: