Kommer oor Staat as diktator vir totale beheer oor Covid- en ander mediese toetse

Woensdag 29 Julie 2020

Daar is baie onsekerhede oor virus-toetse vir Covid-19, maar nou is daar dwingende vrae oor teenliggaamtoetse in Suid-Afrika. Wat gaan aan met die Staat se getalm met goedkeuring van teenliggaamtoetse wat in ’n laboratorium gedoen word? En waarom wil die Staat sekere inligting nie bekend maak nie? Is hier ’n teenliggaam-slang in die gras?

Is dít wat op ons wag met NHI: totale beheer deur die Staat oor watter toetse enigsins in die land gebruik mag word in die staat- en private sektor?

Dokters is inderdaad uiters besorg oor die Staat en die SAHPRA se outoritêre houding oor watter toetse in Suid-Afrika gebruik mag word of nie, of jy nou ‘n staat- of private pasiënt is. Is dit bloot die eerste stap hoe die Staat met NHI sal voorskryf hoe pasiënte behandel behoort te word, met watter medisyne, watter kankerbehandeling, watter toetse hulle mag ondergaan? En dat die res van die medikasie en toetse net eenvoudig nie in die land beskikbaar sal wees nie, al kan dit die verskil tussen lewe en dood beteken? Baie pasiënte en medici vrees dat die NHI ‘n Boa-konstriktor sal wees.

Marí Hudson het navorsing gedoen, belig die kwessie van alle kante en vra kritiese vrae.

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: