Meningitis: die siekte waar die bakterie gevaarliker is as die virus

Meningitis is die mediese woord vir breinvliesontsteking. Dit beteken die drie lae van vliese om die brein en rugmurg ontsteek en is dus geswel en beide die swelling en infeksie kan die brein self tydelik of blywend beskadig.

Meningitis kan in twee hoofgroepe verdeel word, naamlik chroniese meningitis en akute meningitis.

  • Akute meninigitis word hoofsaaklik deur twee organismes veroorsaak: een van verskeie bakterieë of een van verskeie virusse,
  • terwyl chroniese meningitis gewoonlik die komplikasie-infeksie is van ‘n ander infeksie soos veral TB, HIV of Herpes.

Akute meningitis kan binne 24 uur noodlottig wees indien dit deur ‘n bakterie veroorsaak word en nie baie vinnig gediagnoseer en behandel word nie, verduidelik dr. Jantjie Taljaard, hoof van Infeksiesiektes aan die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal in Gesondheid op RSG. Luister hier na die volledige program.

Die breinvliese
meningitisDie brein het drie breinvliese, die buitenste Dura Mater, die middelste Arachnoid Mater en die binneste Pia Mater. Almal is styf teen mekaar en as hulle ontsteek, ontsteek die naasliggend brein.
Voorts veroorsaak die swelling van die breinvliese tydens ontsteking, dat daar drukking op die brein is. Beide die ontsteking en swelling kan breinskade veroorsaak.

Hoe lyk die bakteriëe en virusse wat meningitis veroorsaak?
Die algemeenste bakteriëe en virusse wat meningitis veroorsaak is:

  • Die gevaarlike bakterie wat meningokokkokale meningitis veroorsaak, is die Neisseria meningitidis bakterie. Dit lyk soos twee halwes wat aanmekaar vassit.
    meningitis-2
  • Die pneumokokkus bakterie (onder)
    Pneumococcal-Meningitis-sy
  • Die Haemophilus influenzae tipe b (Hib)  bakterie (onder)
    B220877-Haemophilus_influenzae_bacteria_342x198
  • Die enterovirusse soos die Coxsackie virus (onder)
    2-coxsackie-b3-virus-particle-laguna-design

    Die Herpes virus:
    Herpesvirus-tegning-NDLA-824x549


Die simptome van meningitis

help_meningitis
Graphics_Symptoms_of_Meningitis-2

So lyk die bloedings-uitslag wat tipies is van meningikokkale meningitis
So lyk die bloedings-uitslag wat tipies is van meningikokkale meningitis

© Marí Hudson

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: