Kaapse studie bied gratis Mioom-behandeling

Dr Victor Hulme

As jy ‘n vrou in jou vrugbare jare is by wie dokters ‘n mioom gediagnoseer het, moet jy jou ore spits.

Marí Hudson gesels in Vrouemaand met dr Victor Hulme, ’n ginekoloog verbonde aan die Aevitas fertiliteitskliniek in Pinelands, Kaapstad, oor miome – die groeisels in die baarmoeder wat pyn en onvrugbaarheid kan veroorsaak – en die jongste nuus oor die behandeling daarvan. Hy vertel hoe vroue gratis aan ’n internasionale studie kan deelneem, waar vroue met miome nie geopereer word nie, maar met medikasie behandel word.

Miome is groeisels bestaande uit gladdespierweefsel. Dit vorm as die gladdespierweefsel van die baarmoeder self te vinnig groei en dan ‘gewasse’ vorm.

Jy kan gratis aan ‘n studie deelneem waar Dr Hulme vroue met miome met een van twee soorte medikasie gaan behandel – dus geen chirurgie nie. Die deelname en behandeling is gratis vir die deelnemende vroue.

Jy kwalifiseer om deel te neem aan die studie as jy:

  • Met ‘n mioom of miome diagnoseer is
  • nie ‘n operasie wil ondergaan om dit te behandel nie
  • tussen 18 en 50 jaar oud is
  • nie beplan om binne die volgende 2 jaar swanger te raak nie
  • jy swaar menstrueer.

Kontak dan Suster Tersia Fourie by die Aevitas Kliniek in Pinelands, Kaapstad op 071 236 6565 of die kliniek se algemene telefoonnommer 021 531 6999 en vra om met Suster Fourie te praat.

 

In die tweede deel vertel prof. Igno Siebert, ook van die Aevitas kliniek, oor endometriosebehandeling, want geen vrou behoort ‘n tweede endometriose-prosedure te benodig nie.

Meer inligting oor Endometriose

Geen vrou behoort ‘n tweede endometriose-operasie te benodig nie. As jy ‘n tweede operasie moet kry, sorg dat jy by een van die sowat 5 beste endometriose-spesialiste in die land uitkom sodat al die endometriose-weefsel met een endoskopiese prosedure verwyder kan word en jy nie ‘n derde, vierde of vyfde operasie benodig nie, is die belangrikste boodskap oor endometriose-behandeling.

Klik hier vir al die inligting wat jy oor endometriose benodig met skakels na potgooie van onderhoude oor endometriose en die webblad van dokters wat uitstekende endometriose chirurgie kan doen.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: