Kidney male anatomy posterior x-ray view

Ons het enkele nierfeite, en skakels na programme oor nierfunksie, nierstene en nierdialise vir jou bymekaar gesit.

7 Kitsfeite oor jou niere

Het jy geweet:

  1. dat een uit 10 volwassenes aan nierprobleme ly?
  2. dat jy 90% van jou nierfunksie kan verloor voordat jy simptome ontwikkel en jy dit agterkom en dat dit dan te laat is om jou nierfunksie te herwin?
  3. dat jy sonder een nier kan lewe, maar beslis nie sonder albei jou niere nie, buiten as jy sowat drie keer week ure lank nierdialise ondergaan?
  4. dat die niere ‘n ingewikkelde maar baie doeltreffende filtreerorgaan is en noodsaaklik is in die regulering van bloeddruk, bloedvolume, pH-vlakke, natrium- en kaliumbalanse, uitskei van toksiese stowwe via die urine en urienproduksie?
  5. dat teenwoordigheid van glukose, proteine of bakterie in die urine direkte aanduiders is van diabetes, nierwanfunksie en infeksie in die niere, blaas of urienweë?
  6. dat diabetes, nierskade, hoë bloeddruk en hartsiektes in verband staan met mekaar?
  7. dat as jy ‘n nier aan ‘n familielid wil skenk, jou nier met sleutelgatchirurgie (‘n klein snit in die bikini-lyn) verwyder kan word sodat jy vinnig kan herstel.

13702879_sNierprobleme in Suid-Afrika: skoksyfers
Elke week sterf die ekwivalent van twee vliegtuie se passasiers in Suid-Afrika omdat daar nie voldoende skenkerniere vir nieroorplantings beskikbaar is nie,” maan prof. Rafique Moosa, hoof van die Department van Interne Geneeskunde aan Stellenbosch Universiteit se Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

  • ‘n Tekort aan opgeleide gesondheidspersoneel in Suid-Afrika – Suid-Afrika het tans net 1.1 nierspesialiste (nefroloë) vir elke miljoen mense.
  • Ongelykhede in nier-eenhede tussen ryk en arm, en stedelike en plattelandse gebiede.
  • ‘n Tekort aan geld en die hoë koste van nierdialise  shortage – behandeling kos R200,000 per pasiënt per jaar.
  • Die klein getalle orgaanskenkers in Suid-Afrika – slegs 4.7 uit elke miljoen Suid-Afrikaners is orgaanskenkers.