Ooroefening in tienerjare kan heupskade veroorsaak

Groeipyne in puberteit wanneer kinders vinnig groei, is ‘n bekende term. Tydens die vinnige groei-fase, is die dele van die skeletbene wat groei – bekend as die groeiplate – wat sagter en kraakbeen-agtig, baie meer vatbaar vir te veel fisieke stres, en kan dinge skeefloop. Op ‘n onlangse internasionale ortopedie kongres in Switserland, is ‘n volle sessie gewy aan heupprobleme wat ontwikkel weens ooroefening tydens die kind se vinnige groeifase.

Hoe weet mens of jou tiener gewone groeipyne ervaar en of daar iets ernstiger wat aan die gang is? In Gesondheid op RSG vertel dr. Callie Ackerman, ortopediese chirurg by Netcare Blaauwberg meer oor heupprobleme by kinders, veral heupprobleme weens te veel fisieke stres.

Hier is enkele insiggewende feite:
1.
Veral kinders wat baie hokkie, netbal of rugby of sokker speel in hulle vinnige groeifase, is meer vatbaar vir skade aan hulle skeletbene wat die gewig dra, en dus veral hul heupgewrigte en knieë.

2. As ‘n groeiende kind kla van knie- of bobeenpyn, en daar is nie fout by die knie of bobeen nie, moet die kind se heup ondersoek word, want die bobeen-kop wat in die heuppotjie moet pas, kan verbrokkel, of selfs afbreek.
Lees meer: https://orthoinfo.aaos.org/en/diseases–conditions/slipped-capital-femoral-epiphysis-scfe

3. As ‘n groeiende en sportief-aktiewe kind kla van knie- of onderbeenpyn, kan dit moontlik Osgood-Schlatter sindroom wees waar die ligament wat die knieskyf vashou, en wat aan die onderbeen vasheg, so sterk trek dat dit ‘n deel van die onderbeen laat af-brokkel.

4. Die beste is om die kind van die sport wat baie stres op die sy bene plaas, te onttrek vir 12 maande of so totdat sy beenplate gesluit het en sy groeifase verby is. Die kind kan dan aan ander sportsoorte deelneem wat minder stremmend op sy gewrigte en bene is, soos swem, of fietsry.

5. Babas wat gebore word met ‘n heupgewrig wat maklik uit die potjie kan glip, word in ‘n ‘padda’-spalkie geplaas sodat die heuppotjie reg kan ontwikkel om die kop van die bobeen in die potjie te anker.

6. Lees meer oor heup ontwrigting: https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/hip-dysplasia/symptoms-causes/syc-20350209

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: