Het jy geweet vroue met polistiese ovariële sindroom ovuleer glad nie, en kan nie swanger raak nie? Maar dat, met die regte eetplan en onder toesig, meer as 80% self begin ovuleer het nadat hulle gewig verloor het? Het jy geweet dat oorgewig en insulienweerstandigheid glad nie deel is van die diagnose nie, maar wel soos olie op die vuur is? Het jy geweet dat baie van die vroue verkeerdelik met die anti-diabetesmiddel Metformin behandel word omdat baie dokters verkeerdelik glo dat die middel gewigsverlies aanhelp en tipe 2 diabetes kan voorkom?

Sê nee vir obesiteit
Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n


