Spataar-ulkusse kán genees word

Wat gebeur met spatare as dit nie behandel word nie? Ons fokus vandag op die gevolge van spatare, naamlik spataar (venuese) ulkusse. Ons kyk hoe verstommend die liggaam is dat bloed sonder ’n pomp teen swaartekrag opwaarts kan vloei na die hart, en die interessante klepstelsel in die are van die bene – en wanneer dinge skeefloop.

In Gesondheid op RSG gesels Marí Hudson met Dr Johan Blignaut, ‘n spesialis chirurg van die Vein Centres of South Africa met die nuutste behandeling van bloedvat-probleme in die bene, dus spatare, spinnekop-are, spataar ulkusse en diep veneuse trombose. Sy praktyke is in Johannesburg en Durban.

 

Om te onthou:

  • As jy ‘n been ulkus het, weet jy vir seker wat is die oorsaak? Is dit diabetes, spatare of slagaar-probleme hoofsaaklik weens rook?
  • As die oorsaak spatare is (en dit is in 70% van gevalle), kan dit deur behandeling van die spatare, genees word.
  • Maar dis belangrik dat jy liefs by ‘n spataar-spesialis uitkom sodat die jongste tegnieke toegepas kan word vir genesing.

Lees meer oor spataar ulkusse: https://www.veinsurgery.co.za/venous-ulcers.html

In dié video verduidelik dr. Blignaut meer oor spataar ulkusse:

In dié video verduidelik Dr Blignaut meer oor spatare:

Vir meer inligting

https://www.veinsurgery.co.za/index.html

http://www.legveins.co.za/

https://www.stoptheclot.org/

Dr Blignaut se spreekkamer nommer in Durban vir afsprake (nie telefoniese konsultasies nie): (031) 566-3960. In Johannesburg is die tel nr: (011) 511-0020. (https://www.veinsurgery.co.za/index.html)

As jy in Kaapstad is, kontak Dr Frikkie Rademan by (021) 975 0649 (www.legveins.co.za)

Luister ook na die vorige gesprek oor spatare en die nuutste behandelingsmetodes

https://www.rsgplus.org/gesondheid/nuutste-behandeling-vir-spat-are/

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: