Het jy geweet dat as jy insulienweerstandig is, jy 99% op die pad is van Tipe 2 Diabetes en nie net halfpad nie; dat insulien jou aptyt stimuleer, en dat as jy te veel dierevette inneem, dit die laaste strooi kan wees wat jou tot in tipe 2 Diabetes kan stoot? Prof. Tess van der Merwe, kenner van metabolisme en oorgewig, vat prof. Tim Noakes se stellings aan oor insulienweerstandigheid, waarom mens vet word, en die eet van baie dierevette.

Sê nee vir obesiteit
Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n


