* Avontuur/oefening

Adrenalien-junkies sal hierdie vakansie sekerlik ‘n reksprong of twee, ‘n foefieslaaidrit of ‘n ander waagmoedige of opwindende aksie aanpak. Maar waar kom die adrenalien in die liggaam vandaan, en hoe weet die liggaam om meer vry te stel in sekere situasies? Ons kyk na die fisiologie van adrenalien, noradrenalien, die veg-en-vlug-reaksie, kortisol en stres.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-18-desember-2024
* Vroeggebore babas
‘n Baba wat vóór of op 37 weke swangerskap gebore word, is ‘n vroeggebore of premature baba. Dié babas is nog ‘onder konstruksie’ en al hulle organe en stelsels is nog nie volledig ontwikkel nie. Hoe vroeër ‘n baba gebore word, des te groter is die risiko dat iets skeef kan loop. ‘n Pediater van die Tygerberg Neonatale eenheid vertel wat veral met die brein, longe, niere en dermkanaal skeef kan loop.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-8-januarie-2025
‘n Vroeggebore baba is ‘n baba onder konstruksie, en baie dinge kan skeefloop. In deel 2 van ‘n kort reeks fokus ons op die oorsake, risikogroepe, moontlike langtermyngevolge en voorkoming. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-15-januarie-2025
* Orgaanoorplanting
“Ek het elke dag gevoel ek verdrink,” vertel Anchen van Dyk, eienaar van ‘n velsorgkliniek. Sy het ses jaar gelede ‘n dubbele longoorplanting ondergaan. Ons vind uit hoe dit vóór die oorplanting was, en hoe dit nou met haar gaan.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-4-desember-2024
* Fertiliteit

Aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam deel openhartig haar reis van hartseer en vreugde tot waar sy uiteindelik haar babaseun in haar arms kon vashou, danksy skenkereierselle.
Die ouderdom, gehalte en hoeveelheid eierselletjies wat ‘n vrou beskikbaar het, speel ‘n groot rol in suksesvolle vrugbaarheids-behandeling. Daarom is die bevriesing van eierselletjies terwyl die vrou in haar dertigs is, belangrik. Nou is navorsers besig met nuwe metodes om die ge-oeste eierselletjies nóg beter te laat ontwikkel. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-23-april-2025
* Pyn
Een uit elke vyf mense ly aan chroniese pyn. Hoe werk pyn? Wat is normale pyn? Wat loop skeef dat ‘n mens chroniese pyn ontwikkel? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-26-februarie-2025
Pyn is in jou brein gesetel. ‘n Spesifieke soort chroniese pyn kan vererger indien die chirurg opereer, of deur inspuitings. Maar baie pasiënte en dokters verstaan nie hoe chroniese pyn werk, en hoe om dit te benader nie. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-5-maart-2025
Hoe werk neuropatie? Is dit die gevolg van veroudering, ’n vasgeknypte senuwee, of is daar ander oorsake? Kan dit behandel word? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-5-november-2025
* Radiologie
Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-12-maart-2025
Wat sien ‘n radioloog op ‘n breinskandering wat aandui dat die pasiënt ‘n breinbloeding het, en nie ‘n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? ‘n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat ‘n breinskandering verklap.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-22-oktober-2025
* Narkose
Narkose is nie net om jou aan die slaap te maak nie – dit plaas jou in ‘n koma. Maar narkose is 90 keer veiliger as 60 jaar gelede. Dit is enkele van die interessanthede wat aan die lig gekom het in ‘n gesprek met ‘n internasionaal bekende narkotiseur. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-2-april-2025
* Rugoperasie

‘n Ortopeed van die Paarl was een van die eerstes in Suid-Afrika en die wêreld om met ‘n nuwe tweesleutelgat-prosedure rugoperasies soos fusies te doen. Al meer ortopede leer nou dié tegniek aan. Dit behels ‘n kwaai leerkurwe. Hoe weet die pasiënt of die ortopeed al vaardig genoeg is om dié prosedure op lewende mense uit te voer? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-17-september-2025



