Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het.


Ozempic/diabetes

Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se voorste metaboliese en vetsugkenners. Hoekom kyk kenners nou na vetsug as ‘n aparte siekte? En hoe kan dit pasiënte help?
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-22-januarie-2025

Die feit dat vetsug nou as ‘n aparte siekte beskou word, hou voordele vir pasiënte in, aangesien mediese fondse nou vir die behandeling van vetsug sal betaal. Dit kan dié fondse geld spaar omdat skraler mense waarskynlik minder tipe 2 diabetes, hartaanvalle en verskeie ander obesiteitverwante siektes kan kry.

Ons kyk ook na Tik-Tokkers wat swartmark Ozempic bemark.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-29-januarie-2025

*Kanker

Kate Borthwick se reis met aggressiewe miëloom was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Marí Hudson.

Die eerlike en onstellende vertelling van ‘n borskankerpasiënt lê bloot hoe ‘n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Marí Hudson gesels met ‘n borskankerpasiënt, ‘n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die kort reeks oor borskanker en gene.

Het die oorlewingsyfer van kanker verbeter? Watter kankers is nou meer behandelbaar, en watter reageer swak op behandeling? ‘n Chirurg wat met kankerpasiënte werk, en vier pasiënte, vertel van hulle reis met kanker. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-5-februarie-2025

‘n Vrou wat in April 2024 met verspreide longkanker gediagnoseer is, was drie maande later sonder ‘n teken van kanker. Sy is met geteikende medikasie behandel. Hoe werk dit? En waar pas nuwe kankerbehandelings en bestaande chemoterapie en bestraling in?https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-12-februarie-2025

Geteikende kankerterapie kan vir sekere kankers, selfs gevorderde en verspreide kanker, in bedwang bring. Dit word saam met immunoterapie as die kankerbehandeling van die toekoms gereken. Het geteikende kankerbehandeling newe-effekte? Moet ‘n pasiënt dit vir altyd gebruik? Dek jou mediese fonds die nuutste kankertoetse en -behandeling? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-19-februarie-2025

* Radiologie

Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-12-maart-2025

Wat sien ‘n radioloog op ‘n breinskandering wat aandui dat die pasiënt ‘n breinbloeding het, en nie ‘n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? ‘n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat ‘n breinskandering verklap.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-22-oktober-2025

* Artritis

Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-26-maart-2025

Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-16-april-2025

Hoe diagnoseer reumatoloë spondolo-artritis, lupus en psoriatiese artritis? Kan die agteruitgang en skade wat met dié reumatologiese siektes gepaard gaan, gekeer word? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-30-april-2025

Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-18-junie-2025

Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig? https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-25-junie-2025

Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-9-julie-2025

Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-30-julie-2025

Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-6-augustus-2025

Demensie

Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie. https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-6-augustus-2025

Vir die eerste keer is ‘n middel om Alzheimer-siekte te behandel, en selfs om te keer, in die vooruitsig. ‘n Neuroloog praat oor Alzheimer-siekte en ander voms van demensie.

TIK

Die gebruik van Tik is ‘n allemintige en groeiende probleem in Suid-Afrika. Ons kyk na die probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Wat gebeur met iemand wat Tik gebruik, en wat gebeur in sy brein? Tik maak die gebruiker letterlik ‘mal’. Hierdie episode is die eerste in ‘n kort reeks oor Tik.

Met Tik-gebruik word massas dopamien in die brein vrygestel en die senuselle beskadig. Dit lei tot paranoïese skisofrenie, wat tydelik of permanent kan wees. Ons kyk na dieTik-probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Hierdie is die tweede episode in ‘n kort reeks oor Tik.

In die derde aflewering in ons reeks oor Tik, fokus ons op rehabilitasie, en op waarnemings wat tydens die ondersoek aan die lig gekom het.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: