Tot 40% van SA sigarette is smokkel-sigarette

Sigarette bevat inderwaarheid meer as 4000 gevaarlike stowwe.

Het jy geweet rookverwante siektes weens aktiewe en passiewe rook, eis elke jaar 170,000 lewens in Suid-Afrika, en dat totaal voorkombare rookverwante siektes minstens R6 miljard (oftewel 1% van die land se Bruto Binnelandse Produk) opslurp?

Voorts is 30 tot 40-persent van sigarette wat in Suid-Afrika gerook word, smokkelsigarette wat deur onwettige handel in die hoofstroom beland. En dit word nou meestal in Suid-Afrika vervaardig, nie van ander lande ingesmokkel nie. As ’n pakkie sigarette minder as R20 kos, kan jy maar weet dit is smokkelsigarette.

Marí Hudson praat met gesondheidsekonoom dr Laura Rossouw oor die finansiële impak van sigaretrook op die gesondheidsekonomie en Suid-Afrika se ekonomie.

Ons kyk ook na wetgewing, vaping en e-sigarette, die tendense in smokkelhandel en die gebrek aan beheer oor smokkelhandel.

Sigaretverpakking in Australië het tot ‘n afname in rook gelei.
Sigaretverpakking in Australié sedert 2012

Lees en luister ook:

https://www.rsgplus.org/gesondheid/e-sigarette-bevat-ook-kankerwekkende-stowwe/

https://www.rsgplus.org/aktueel/informele-sektor-wemel-van-onwettige-sigarette/

E-sigaret-advertensies en promosies op Instagram in Engeland verbied.

Wat is in ‘n sigaret?

Bestanddele van sigaret: https://www.lung.org/stop-smoking/smoking-facts/whats-in-a-cigarette.html

Sigarette gevaarliker as van ouds: https://teens.drugabuse.gov/blog/post/cigarettes-more-dangerous

Vaping: https://www.emedicinehealth.com/how_e_cigarettes_vaping_affect_your_body_smoking/article_em.htm

Australië se sigaretverpakking: https://mumbrella.com.au/tobacco-industry-gaming-australian-health-regulations-marketing-405836

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: