Verskeidenheid progamme op RSG gedurende Alzheimersmaand

September is  Internasionale Alzheimersmaand en ’n tyd waarin ons aandag skenk aan dié siekte wat miljoene mense regoor die wêreld raak.

Hierdie jaar vat RSG en die Alzheimer-en Demensievereniging van Suid-Afrika  (ADASA) hande om bewusmaking te kweek en om ’n positiewe impak te maak op gemeenskappe wat hierdeur geraak word.

Verskeie programme sal gedurende Septembermaand uit alle hoeke hierop lig werp.

Op Maandag, 4 September kan luisteraars inskakel vir ’n insiggewende gesprek wanneer Martelize Brink in Driesestig met musiekterapeut, Liesl du Plessis praat oor die verband tussen demensie en musiekterapie. Musiek het die vermoë om herinneringe en emosies op te roep, en dit kan ‘n waardevolle rol speel in die lewens van mense wat met hierdie siekte leef.

ADASA in samewerking met die talentvolle kletsrymer en musikant, Early B het ‘n belangrike veldtog van stapel gestuur om bewusmaking oor demensie en onder die jeug te bevorder. Jongmense  bly dikwels by hulle grootouers en verstaan nie as hulle versorgers vreemd begin optree nie. Die doel van dié veldtog is om jongmense met die nodige kennis toe te rus om die tekens van hierdie siekte te identifiseer en dan om hulp te vra. Kompas-aanbieder, Chloé van Rooyen het skole saam met Early B in die Boland  besoek en haar program word op 18 September om 19:30 uitgesaai.

In die program, Leefwêreld van die Gestremde op 17 en 24 September voer Jacqui January ‘n aangrypende onderhoud oor demensie, spesifiek  oor die uitdagings wat hierdie individue en hul gesinne in die gesig staar asook word die belangrikheid van ondersteuning en begrip benadruk. Die program kom Sondae om 15:30 aan die beurt.

Op Wêreld Alzheimersdag, 21 September, bied die ontbytprogram, Op en Wakker  ‘n spesiale gesprek aan waarin ‘n kenner die ateljee besoek om belangrike inligting oor hierdie siekte te bespreek. Dit is ‘n geleentheid om meer te leer en te verstaan.

Gesondheid op RSG onder leiding van Mari Hudson op Woensdae om 11:30 sal  ook gedurende September indiepte oor demensie gesels, onder meer oor wat in die brein verander, die verskillende soorte demensie en die nuutste navorsing.

Vir meer inligting oor demensie en alzheimer se siekte besoek https://www.facebook.com/adasa.npc/

 

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: