Waar staan ons met MIV/Vigs?

Dit is 35 jaar sedert ons in Suid-Afrika bewus geword het van MIV/Vigs. Vandag word MIV/Vigs, danksy nuwer medikasies, nie meer beskou as ’n terminale siekte nie. Suid-Afrika het die grootste vigsbehandelingsprogram in die wêreld, want een uit vyf is MIV positief. Neem dit steeds toe? Waar staan ons vandag in terme van opsporing, behandeling, voorkoming en nuwe navorsing?

Marí Hudson gesels met dr Marije van Schalkwyk, MIV/Vigs navorser by die afdeling Infeksiesiektes by die Universiteit van Stellenbosch oor die stand van MIV/Vigs en behandeling in Suid-Afrika.

Interessante feite uit die gesprek

  • Elke jaar word sowat 250 000 nuwe gevalle van MIV/Vigs gediagnoseer. Dit beteken dat die getalle steeds toeneem.
  • Tans is meer as 7 miljoen mense in die land gediagnoseer met MIV/Vigs. Dit beteken een uit elke 5 mense dra die virus.
  • Met behandeling kan ‘n MIV-positiewe mens se viruslading binne 3 maande laag genoeg word sodat jy niemand kan aansteek nie, en nie die virus kan oordra nie. Die middel laat die vigsvrius slaap. As die pasiënt die middel staak, sal die vrius weer opvlam.
  • ‘n Nuwe teen-vigsmiddel, wat nog meer doeltreffend is, word binne weke in Wes-Kaap uitgerol.
  • Sowat 90% van mense wat hulle antiretrovirale middels gereeld drink, se virusladings word doeltreffend verlaag en hulle kan ‘n relatief normale lewe.
  • Die middels is veilig vir swanger vroue babas, en kan die kans op virus oordrag van ma na ongebore baba dramaties verlaag, en ook die viruslading in die borsmelk soveel verlaag dat die ma met veiligheid haar baba kan borsvoed.
  • Die vigsmedikasie moet so gou moontlik na geboorte aan ‘n MIV-positiewe baba gegee word en kan inderwaarheid ‘n baba se lewe red.
  • Tweede en derde linie middels is wel beskikbaar vir mense wat nie op die eerste linie ARV-middels reageer nie.
  • Een mens kan meer as een variant van die vigsvirus dra.

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: