Waar staan SA in stryd teen malaria?

Het jy geweet dat meer as 410 000 mense jaarliks in die wêreld aan muskietgedraagde parasitiese siekte malaria sterf. En dat 94% van die 219 miljoen malariagevalle in Afrika suid van die Sahara voorkom?

Met ‘n groot aanslag is dit moontlik dat twee van Suid-Afrika se malaria-endemiese gebiede – KwaZulu-Natal en Mpumalanga – teen 2023 malariavry kan wees.

Mari Hudson gesels met ’n bekende malaria-kenner oor die jongste malaria-inligting.

Luister Woensdag om 11:30  na Gesondheid op RSG.

94% van alle malariagevalle in die wêreld, kom in Afrika suid van die Sahara voor.

 

Suid-Afrika se endemiese malaria-gebiede
Hoewel die kaart al byna 20 jaar oud is, kan duidelik gesien word dat malaria veral in Mosambiek ‘n groot probleem was, en vandag steeds is.
Die lewenssiklus van die malaria parasiet in die muskiet en die mens.
Nog ‘n voorstelling van die lewenssiklus van die malaria parasiet

 

Die malariamuskiet Anopheles geniet ‘n bloedmaal. Net die wyfies versprei die parasiete omdat net wyfies mense se bloed inneem.

 

Plasmodium parasiete in rooibloedselle
Plasmodium parasiete in rooibloedselle
Die parasiete vermenigvuldig in die rooibloedselle en breek dan uit om ander rooibloedselle aan te val.

 

Die parasiete groei tot “wurmpies’ nadat dit uit die rooibloedselle uitgebreek het.

 

Plasmodium falciparum – die parasiet lyk soos ‘n wurmpie

 

Soortelyke plasings:

Sê nee vir obesiteit

Dit is moontlik om baie gewig af te skud sonder inspuitings, pille of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht het van 114kg tot 61kg gekrimp, van ‘n nommer 26 broek tot ‘n

Terugblik 2

Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het. Ozempic/diabetes Vetsug is nou ‘n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, sê die wêreld se

Terugblik 1

Ons kyk terug op die belangrikste gesondheidsprogramme van 2025.

RSG Potgooie

Klik op die program, en jy sal die potgooie van die program vind. Aanddiens Aandgedagte Driesestig Dokumentêre Geestesgesondheid Geldsake Geloof wat grondvat Gesondheid Groeipyne Hoe verklaar jy dit? Intussen Kommentaar

Deel hierdie: