Lae ystervlakke MOET behandel word

Rooibloedselle

Bloedarmoede is een van die algemeenste siekteprobleme waaraan die mensdom ly. Maar bloedarmoede is inderwaarheid die laat-stadium van ystertekort.

Moegheid, geheue-probleme en voedsel “cravings’ is van die tipiese simptome van ’n ystertekort.

Wat is die oorsake van ’n ystertekort, waarom MOET dit behandel word en watter yster-middels werk die beste?

Prof Vernon Louw

Marí Hudson gesels met Prof Vernon Louw, hoof van kliniese hematoloog van die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur Hospitaal oor ystertekort en die behandeling daarvan.

Die 2e aflewering in die reeks oor ystervlakke

Een-derde van tienermeisies en die helfte van mense met hartversaking lei aan ’n ystertekort, wat in laasgenoemde geval die hart verder kan beskadig. ’n Ystertekort in ’n swanger vrou kan tot groeivertraging van haar baba, premature geboorte en breinskade lei. Marí Hudson gesels verder met ’n kliniese hematoloog oor ystertekort en die behandeling daarvan, en ook oor yster-oorlading in die bloed.

Luister en kyk ook na dié reeks interessante video’s waar prof Louw meer verduidelik oor yster in die bloed:

Gaan na Youtube, en dan na vernonlouw.medex

Soortelyke plasings:

Is dit griep, varkgriep, covid of RSV?

Baie mense is op die oomblik in ’n waaksorgeenheid in ’n hospitaal weens ’n wintervirus. Daar is griep, varkgriep, Covid, RSV om net vier te noem. Hoe ken mens dit

Deel hierdie: